ok, die issue met mrwaterproof, die site was vrot gespam. Basiclly hackers het heeltemal oorgevat. Hierdie dinge gebeur met websites. Dis niks te doen met lack of security op die website nie, dis mense wat sekere sites target om te gebruik om tags ens optesit om hulle sites te boost. Daar was meer as 300 posts op die website geplaas. Ek het als verwyder en alle IP adresse laat blok behalwe myne.

Die website moet gereeld gemonitor word en updates moet gedoen word. Ons het heel aan die begin ooreengekom dat ek die website host, Maar daar was geen spraake van n maintainance plan nie, julle is verantwoordelik vir die updates op die website.

Ek het al die passwords verander en security plugin geupdate. Ek het die website heeltemal skoongemaak van al die spam en malisiouse fils wat hackers geplant het.

Die domain moet weer hernu word voor die 1ste Augustus 2020 wat die koste van R97 beloop. En jaarlikse hosting wat daarby ook hernu moet word. Die website se spasie was ook versadig en dus moes ek die hosting paket upgrade na meer spasie. Julle gebruik tans ne so oor die 4 GB. Van R60 maandeliks na R109 maandelik x 12 maande R1308.

Die werk wat gedoen moes word om die website heeltemal skoon te maak en files verwyder ens kom neer op n totaal van R 1800…Maar ek gaan jou nie invoice vir dit nie. Ek moes baie van my werk wat vir my n inkomste inbring eenkant toe skyf om hierdie te doen. Sodra die website met login details oorgegee word aan die klient, is enigiets wat vout gaan wat nie hosting related is nie, nie die website designer se verantwoordelikheid nie.

Ek vra dus dat die vorige invoice van 21 Mei 2020 asb betaal sal word. Ek sit die site under construction, en sodra ek betaling ontvang maak ek die site weer live.

Die hosting en domain renewal moet asb voor 1 Aug 2020 betaal word. Indien jy verkies om die hosting op jou eie oortevat is jy welkom om so te doen en sal jou help daarmee. Maar ek gaan nie die domain losmaak voor die invoice van 21 Mei 2020 nie betaal is nie.